作词 : Anton De Waal/Ali Arletowicz 作曲 : Anton De Waal/Ali Arletowicz Groen is die land van Natal; wyd lê die velde omheen. Wolke seil hoog in die blou hemelboog en 'n arend vlieg na die son. Groen is die land van Natal; daar waar die bergbokke wei. Stil wil ek droom langs 'n koel waterstroom, van die wêrelddrang afgeskei. Teen die randjie staan 'n huis waar my hart ontwaak. Saans wag my beminde daar; die dag is dan volmaak. Groen is die land van Natal; heuwel en vlakte en dal. Hier is ons tuis waar die koel winde suis in die groen, groen land van Natal. Teen die randjie staan 'n huis waar my hart ontwaak. Saans wag my beminde daar; die dag is dan volmaak. Groen is die land van Natal; heuwel en vlakte en dal. Hier is ons tuis waar die koel winde suis in die groen, groen land van Natal.