作曲 : Johan Oberholzer 作词 : Johan Oberholzer Ek wil wegraak in jou storms Ek wil omwaai in jou wind Ek wil blind raak in die stof net soos dit weg gaan kom Maar nog so dat ek nooit weer ‘n uitweg vind. Wil verdwaal tussen jou duine In jou hitte wil ek brand Soos die mis wil ek verdwyn voor die son In jou woestynsand. En ek sal aanhou soek na jou OASE Ja ek sal aanhou soek na jou OASE Ek is amper op my laaste druppel water. Maar ek sal aanhou soek tot ek jou Ek sal aanhou soek tot ek jou kry. Aanhou soek tot ek jou kry Ek soek skuiling in die donker Want die koue maak my seer Hoe kan eindelose sterre wat so mooi en ook so ver is Jou die pyn van ‘n leeftyd gee. In jou woorde soek ek hitte Wou die boeke al verbrand. Soos die mis het ek verdwyn voor die son in jou woestynsand. En ek sal aanhou soek na jou OASE Ja ek sal aanhou soek na jou OASE Ek is amper op my laaste druppel water. Maar ek sal aanhou soek tot ek jou Ek sal aanhou soek tot ek jou kry. Aanhou soek tot ek jou kry Ek sal aanhou soek na jou OASE Ja ek sal aanhou soek na jou OASE Ek is amper op my laaste druppel water Maar ek sal aanhou soek tot ek jou kry. Tot ek jou kry En ek sal aanhou soek na jou OASE Ja ek sal aanhou soek na jou OASE Ek is amper op my laaste druppel water. Maar ek sal aanhou soek tot ek jou Ek sal aanhou soek tot ek jou kry.